GOD, LAAT MY WEER KLEIN GLO…

Here, die donkerte klop alweer aan my deur vanaand. Ek hoor hoe my vrees met elke klop groter en groter raak.

Here, ek is nie lus vir die gevoelens wat agter hierdie deur skuil nie, nie weer nie! Dit druk met alle mag en pag om my hart weer te kom spot – om my hart weer te kom omring!

My rug is teen die deur Here. Ek skop vas, maar ek weet nie hoe lank ek nog gaan kan uit hou nie! Here waar is my geloof?

Here, ek onthou nog hoe alles so simpel gelyk het toe ek klein was. Die sandpit was my werk en die swaai my vliegtuig. Ek onthou hoe maklik dit was om met U te praat; vir U te bid. “Liewe Jesus, dankie vir die dag en al my nuwe maatjies. Liewe Jesus, asb moenie dat my ma weer pampoen maak nie!” Alles was so eenvoudig…

Here, ek onthou ook hoe ek my pappa gevra het om onder my bed te kyk vir monsters die aande wat ek alleen en bang gevoel het. Dan het my pappa altyd gemaak of hy die monsters weggejaag het! Hy was altyd my held gewees. Ek het sterk geglo dat U vir hom die krag gegee het om so braaf te wees.

Here, U was so GROOT, so STERK en so ALMAGTIG in my oë.

Tog verstaan ek nie Here… wat het gebeur? Waar het dinge so skeef geloop? Hoekom het hierdie prentjie van U in my kop so drasties verander?

Nou kyk ek net in probleme en hartseer vas…

Nou is die monsters nie meer onder my bed nie, maar saam met my in my eie kop!

Here! Hoekom glo ek nie meer , “Daar is NIKS wat my GOD nie kan doen?”

Here, help my om weer klein te glo…

Help my om weer soos ‘n kind te glo.

Amen.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s