DIE ANDER JY

Jy, die meisie waarteen almal my gewaarsku het.

‘Sy gaan net jou hart steel en dit verniel’ het hulle gesê.

Ek lig my hand op en laat my oë toe om stadig oor die buitelyne van jou gesig te loop. Ek sit my potlood neer, tevrede met wat ek sien. Dis jy, die potlood jy.

Hulle is reg oor een ding, jy het my hart gesteel, maar die verniel deel is nie heeltemal waar nie. Jy het my kom verniel, my wanpersepie van jou en hoe die wêreld daar buite is. Almal is so geneig om jou in ‘n tronk te sit met hulle oë, sonder dat hulle toelaat dat jy jou eie hart kan deel. Alles is alles en niks is niks. Dit is wat ons geleer word om te sien. Maar, die potlood jy het my kom wys dat oë wat nie ingelig is nie, het nie die reg om ‘n tronk rondom jou te bou nie; saam het ons hierdie mure begin afbreek en ons eie opinie begin leef.

Ek onthou hoe ek was voordat ek jou ontmoet het. Al my sketse was altyd of geink in pen of vas gevang in verf. Nooit het ek dit toegelaat om verander te word nie. Wat ons sien kan mos nie verander word nie?

Tog was dit anders met jou – al my sketse van jou is in potlood.

Hoekom?

Die potlood jy verander daagliks soos ek die verskillende tipe kante van jou leer ken. Die wêreld kom teken in pen, maar ek teken jou in potlood , want elke dag is jou glimlag anders, jou oë skitter anders, jou lag klink anders, jou hare waai anders, jou hart klop anders…

Ek kan jou nie forseer om een persoon te wees vas gevang in ‘n pen skets nie.

Ek was vir lank opsoek na breathtaking moments wat ek kan vas vang in pen of in verf  om te sê, kyk ek was daar en niemand kan dit van my af steel nie. Hoe selfsugtig was ek om te verwag dat die natuur elke dag dieselfde moet bly sodat ek my skets kan kla maak! Die breathtaking moments is die verandering daarin.

Ek is nou opsoek na iets heeltemal anders. Ek is opsoek na die ellips saam met jou. Ek is opsoek na die forever young en die happy ever after saam met jou. Jy is my potlood skets, die een wat kan verander. Die een wat konstant verander.

Die “ander jy” verras my elke dag.

Ek is verlief op die “ander jy”.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s