EK SIEN HOOP

Hoop, wat is hoop?

Is dit net nog ‘n woord wat se betekenis op toe ore val.

Of is dit ‘n woord wat al so baie gebruik is dat dit geen impak meer bied nie?

Almal sê altyd, “Hou die hoop, klou aan dit vas”

Maar wat as jy dit nie meer kan voel nie, wat as dit net vir jou nog ‘n woord is met leë beloftes…wat doen jy dan?

Jy begin dit sien…

Jy begin dit soek….en vind.

Ek het gesien daar is hoop.

Ek sien daar is hoop.

Ek sien daar is hoop in die opkoms van die son. Die strale wat elke oggend my oë tegemoed kom deur my kar venster herinner my, vandag is ‘n nuwe dag. Al die ou goed van gister is agter gelaat. Ek sien hoop in die reën as dit die droë aarde kom versorg met sy koel rustige teenwoordigheid. Ek sien hoop in die getjirp van voëls, want al wil ons nie sing nie, die natuur doen.

Ek sien hoop in die branders van die see…maak nie saak wat gebeur nie, hy is altyd weer terug om nog ‘n brander uit te spoel. Ek sien hoop in die wind, soos hy deur die blare van die blomme speel en die aarde laat lag-lag met sy koue brusie. Ek sien hoop in die glimlagte van die gebroke wanneer hulle met alles in hulle skree, “God is Goed!”

Ek het gesien daar is hoop in die glinstering van oë soos die gebroke sing as of niks anders saak maak nie behalwe om Glorie aan God te bring. Ek het gesien daar is hoop in die broederlike liefde vir mekaar, “hey ou,is jy lekker?”, “kom ons gesels ‘n bietjie.”

Ek het gesien daar is hoop in families wat ten spyte van als, kies om saam te bly en die lewe met groot glimlagte aan te pak! Ek het gesien daar is hoop in die opkikkering van ‘n siel van ‘n til werker as jy hom/haar actually vra hoe hulle dag was en wys jy stel belang – werklik belang. Ek het gesien daar is hoop in die bytjies wat die blomme se uiterste begeertes om te bedien te word, kom stil maak. Ek het gesien daar is hoop in harte wat brand om ‘n verskil te maak.

Ek sien hoop in mense wat kies om heeltemal iemand anders te wees as wat die wêreld konstant in hulle ore fluister om te wees.

Ek sien hoop in die generasie van vandag.

Ek het gesien hoe jong mense wat versuip word deur hulle eie emosies en omstandighede, hulle bokshandskoene aantrek en saam met God begin terug veg! Ek het gesien hoe individue wat in donkerte gesmart word, in donkerte gelos word, ‘n wil ontwikkel om weer te baklei, ‘n will ontwikkel om beter te wees! Ek het gesien hoe hierdie mense klim en klim en klim tot hulle uiteindelik die donkerte verniel.

Ek het gesien hoe Jesus lewens verander. Ek het gesien hoe tieners met niks opdaag en met alles wegstap. Ek het gesien hoe die nag negatiwiteit bring, maar hoe Jesus op daag en lewe bring. Ek het gesien hoe elke dag ‘n nuwe geskenk is om iets te doen wat jy nog nooit van tevore gedoen het nie.

Ek het gesien dat daar hoop is.

Ek sien daar is hoop.

Doen jy?

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s