SKREE

Hard is the geluid van reën op my ore soos dit neer plons op die dak bo my. Die gegrom van donderweer laat my skrik vir n oomblik, maar my hart bedaar vinnig weer soos die reuk van reën my neus kom kiellie.

Alles is rustig – te rustig.

Ek haal diep asem en laat die vrede wat die reën bring my longe vul. Stadig laat ek die lug uit my neus vloei. My hande klou styf om die warm koffie koppie voor my op die tafel terwyl my oë, rustig sweef oor elke fyn deeltjies van die vertrek om my. Ek kan voel hoe my trane wil-wil verskyn, maar ek laat hulle nie toe nie. Ek het genoeg gehuil oor als, oor jou.

Die donderweer grom weer, my hart spring vir die skielike geluid, maar waardeer eintlik die skrik maak – in oomblik kon dit vergeet van al die seer wat dit omring en net fokus op die skielike opkikkering van sy eie ritme.

My oë keur terug na die oop deur wat oop en toe klap as gevolg van die woeste wind buite. Dit is dieselfde deur waar jy altyd deur huis toe gekom het, dieselfde deur waar deur ek jou gedra het toe jy een keer nie self kon loop nie – dit is dieselfde deur waar deur my oë jou sien verdwyn het vir die laaste keer.

Ek wens ek kon daai prentjie, daardie laaste gedagte van jou uit my kop uit verwyder, maar hoe kan ek? Dit is tog iets van jou…ek hou alles van jou.

My seun… mamma se hart mis jou. Mamma mis jou!

Ek mis hoe jy elke middag na klas by die universiteit huis toe gekom het, jou tas een kant toe gegooi het, my die beste drukkie ooit kom gee het, ‘n stoel gegryp het en alles van jou dag met my gedeel het.

Ek mis hoe jy die lewe gesien het en my gereeld herinner het dat die lewe ‘n lied is en al sing jy vals, moet jy net sing! Ek mis jou groen oë wat gesprankel het met lewe en drome. Jy het tog sy baie van daai gehad – drome.

Ek hoop Jesus laat jou nog toe om jou drome te jaag daar bo in die Hemel. Ek hoop jy verlang net so baie na my, soos wat ek na jou verlang.

Mamma skree baie in die aande uit na jou, ek is seker jy hoor my. Ek skree want my hart is seer. Ek skree want ek verlang. Ek skree want ek wil onthou. Ek skree want ek wil vergeet!

“Vergeet?” vra ek myself altyd.

“Hoe durf jy?” vat ek myself aan!

“Alles sou net makliker wees”

“Sou dit regtig?”

Mamma wou alles weg vee soos ‘n uitveer al die potlood lyne in ‘n boek verwyder wat nie daar moet wees nie, net so wou ek al die seer van jou uitvee… maar ongelukkig dra die verlede nie net die slegte dinge nie, maar ook die goeie. As ek die verlede uitvee, vee ek die goeie herinneringe saam met die slegte uit. Ek kan dit nie doen nie, daar is te veel mooi goed om van jou te onthou my liefie.

Ek sal verewig vas klou aan jou – verewig vas klou aan die gedagte van jou my seun.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s