JY…

Hoe is dit moontlik?

Hoe is dit moontlik dat jy so onverwags so diep binne my hart kon inkruip?

Hoe is dit moontlik dat my harts’ wagte nie eers jou intensies deursoek het voordat hulle jou toegang goed gekeur het nie?

Hoekom het jy “Cupid” skote afgevuur toe ek nog nie eers myself kon beskerm nie?

Is dit dalk jou helder bruin oë waarna tot die Hemelse weses nie kan ophou staar nie, wat my so ingelok het?

Of was dit dalk jou glimlag… die eintste een wat die wêreld om my van sekondes na mili-sekondes verander het?

Dalk was dit die manier hoe jou lippe met myne kon praat terwyl hulle om mekaar vou?

Of maybe was dit die manier hoe jou hele mens wees op gekikker het as jou oë myne gevind het…

Ek weet net nie…

Ek weet nie hoe een person so groot deel in my hart kon kom bespreek nie. Dit voel vir my of ek in die middle was voordat ek nog begin het… Een, twee, drie en daar staan jy voor my!

Ek onthou daardie dag so goed – die dag van ons eerste ontmoeting. Jy het my kom vra vir aanwysings op kampus. Jy het so verdwaald gelyk en ek self was verbaas dat jy my kom vra het…

Dit was toe dat jy met jou oë kom spog het – ek kon vir ‘n oomblik verlore raak in hulle en verstaan waarom die Hemel so jaloers is. Gelukkig, van daardie dag af het lewe, my lot of wat ook al, seker gemaak dat ek daagliks die geleentheid het om die melodie wat jou hart vir myne sing te waardeer. Hoe pragtig het ons harmonie geklink!

Ek onthou alles van jou!

Ek onthou hoe jy daarvan gehou het om die punte van jou bruin hare , met blonde strepies tussen in, om jou vinger te draai – om-en-om-en-om – totdat  ‘n groot bolletjie gevorm het. Jy’t dit soms met my hare ook gedoen. Dit het my belangrik laat voel. Dit het my werklik waar “benodig” laat voel.

Ek onthou hoe jy jou gesig getrek het elke keer as my lippe jou nek kom kielie het. Ek kon nie mooi agter kom of dit my snor of my lippe was wat jou laat weg trek het nie – maar tog het jy altyd terug geval vir meer.

Ek onthou ons gesprekke in die donker – daar waar die lig ons nie kon tart nie en waar die donkerte die waarde van ons woorde bewaar het. Ek onthou nog wat jou woorde vir my ore kom vertel het daardie een aand! ‘Volg jou drome – al kos dit jou als!’ Als? Wat is als? Het ek gewonder…

Ek onthou hoe ons mekaar vas gehou het wanneer die wêreld net te swaar geraak het. My skouer was keer op keer die ontmoeting span van jou tane – maar dit was okay, want ek het daarvan gehou. Ek het gehou van hoe ons terug na mekaar sou keer, terug na ons dokker plekkie, terug na daar waar als begin het – in mekaar se arms! Ek onthou dis al hoe ons kon heel raak, bymekaar en as een.

Maar nou, nou is dit as of die duiwel vir my kom lag, my kom spot oor my vertrou in liefde, in ons, in jou. Ek sit nou alleen in die donker en wonder of dit die regte besluit was om jou te laat gaan, maar hoe kon ek anders? Jy het gesê dit is jou droom! Al wat ek kon doen was om ‘n glimlag te vorseer! My hart is seer en trots op dieslefde tyd! Jy gaan ongelooflike dinge doen daar waarheen jy op pad is – lewe wou net nie toelaat dat ek agtervolg nie.

Ek mis jou.

Ek mis hoe die passie tussen my en jou die nuwe jaar’s vuurwerke jaloers gemaak het. Ek mis hoe ek elke keer ‘n string van jou hare agter jou oor kon inhak, voordat my lippe met joune begin praat het. Ek mis hoe jy op my bors gelê het terwyl ons movies gekyk het en na my hartklop geluister het… “dit klop vir jou!” het ek altyd gesê.

Ek mis die gevoel van jou hande oor my lyf as jy my wou kielie. Ek mis jou glimlag en jou vriendelike gesiggie daarby! Ek mis verewig saam met jou…

Wat nou?

Wat moet ek nou doen?

Dit voel of my hele wêreld, my hele lewens planne – alles net tot stillstand gekom het, jy was in elke plan van my.

Hoe sê mens totsiens aan iemand wat jou so veel gegee het om te onthou?

Hoe groet mens die een wat toegesien het dat jou hart in ritme klop?

Hoe los mens die hand wat jou al die jare gelei het?

Hoe laat gaan jy die liefde van jou lewe?

Maar ek is bly vir jou – ongelooflik trots op jou eintlik. Jy gaan ‘n ander land kan bederf met jou ongelooflike mens wees. Ek bid net dat jy sal onthou, my sal onthou…

En dalk net dalk, vind ek weer my pad terug na jou – dalk bestaan verewig nog?

Advertisements

2 thoughts on “JY…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s